The following story was pitched for, and aired on the popular South African television show 7de Laan. Please note that the final product that aired on television may differ slightly from the original pitch. 

Maria1 Oubaas1 Hilda 2(3)

Maria gegooi wanneer ‘n paniekbevange Hilda by die woonstel opdaag met ‘n astronomiese foonrekening. Maria hou skuldig front, vertel eers nie vir Hilda dat dit as gevolg van al haar skelm oproepe Qwaqwa toe is nie. Sy dan bieg later verskonend wanneer sy sien Hilda is op die punt om iets onverantwoordelik te doen.

Hilda en Maria besluit om saam te span om geld in te samel vir die rekening. Hulle begin serpe en bedsokkies verkoop maar besef dit gaan ‘n ewigheid vat om genoeg te brei om die aardige bedraggie te dek. Die twee is nietemin oorgehaal. Maria span al haar vriendinne in as verkoopsagente en lewer in rekordtyd meer as 60 serpe en bedsokkies by hulle af om te verkoop.

Hilda en Maria is in sak en as wanneer niemand belangstel om die serpe en sokkies te koop nie, en word al meer desperaat. Bernard hoor van hulle penarie en stel voor hulle verkoop dit deur middel van telesales. Die drie werk vuur en vlam tot hulle ‘n paar bloutjies loop en uiteindelik daarteen besluit.

Bernard kry die idee om die serpe en bedsokkies as luukse oorsese ontwerpers-items te verkoop. Hulle sorg ook dat niemand in die Laan, veral Oubaas, van hulle plan uitvind nie. Maria besluit hulle moet ‘n flash mob hou om die serpe en bedsokkies te adverteer. Die flash mob is ‘n reuse sukses en die serpe en bedsokkies verkoop soos soetkoek, met Oubaas wat onwetend hulle grootste ondersteuner is en heel in sy skik vir sy bruid ‘n magdom ontwerpers-serpies aanskaf.

Maria en Hilda slaak ‘n sug van verligting wanneer hulle net-net betyds die uitstaande telefoonrekening betaal.