The following story was pitched for, and aired on the popular South African television show 7de Laan. Please note that the final product that aired on television may differ slightly from the original pitch. 

Errol blou cu

Errol slaan sy oog op ‘n duur speelding (dalk ‘n karretjie of ’n oorsese avontuur?) wat hy bitter graag wil hê, maar besef dit gaan hom ‘n hele paar maande vat om te spaar voor hy dit kan bekostig.

Errol kry dan die idee om ‘n “singles dinner” na-ure in Bruynwaves te hou. Hy reël vir ‘n vale – druk voubiljette op Bruynwaves se onkoste, kry oorskiet-snacks by Vince, leen Diederik se musiekspeler, die hele tutti – alles sonder dat enigiemand snuf in die neus kry.

Errol in sak en as wanneer niemand opdaag vir die singles dinner nie, maar besluit om nie te gaan lê nie. Hy gaan fokus op iets wat meer prakties en uitvoerbaar is – hy gaan privaat rekenaarklasse aanbied. Binne ‘n paar uur het hy reeds ‘n ywerige Kim en ‘n skeptiese Maria as studente.

Intussen werk Bruynwaves verwoed aan ‘n groot en belangrike voorlegging.

Errol al meer in sy noppies met sy twee studente. Die drietjies vorder fluks – maar dan druk Maria een aand per ongeluk die verkeerde knoppie en wis Bruynwaves se hele voorlegging. Errol is paniekerig en vrees dat hy sy werk gaan verloor. Hy ruk hom dan reg en sit skouer aan die wiel. Hy werk deur die nag om als wat hy van die voorlegging kan onthou neer te skryf. Dit wat hy nie kan onthou nie, maak hy sommer op.

Die dag van die voorlegging breek aan en alles verloop volgens plan. Babelse verwarring skop in wanneer die voorlegging begin afwyk van die oorspronklike maar Altus bly kalm en druk noodgedwonge deur.

Altus oorbluf en woedend, maar voor hy agter die kap van die byl kan kom, bel die kliënt en beduie hulle het die kontrak gekry. Altus oorbluf maar verlig. Errol die onskuld self, vee die sweet van sy voorkop af.