This is a promo script that I wrote for the 2010 Soccer World Cup for the popular television show 7de Laan.

Charmaine 2(2)

(00’30″)

CHARMAINE

(PREWEL, TEL AF OP VINGERS)

Koffiepotte, melkbekertjies, nog lepels en kleinbordjies… O ja, en ekstra milkshake-glase vir die Wêreldbeker specials.

(WORD BEWUS VAN KAMERA)

O haai, ‘skuus…

(GLIMLAG)

Ek’s gou besig om deur my lysie te gaan vir die twintig tien sokker. Oppiekoffie bars alreeds uit sy nate en ons hou skaars by met al die bestellings. Nie dat ek kla nie, dit gons omtrent hier in die Laan.

(TROTS)

Vir die volgende paar weke bedien ons milkshakes in al ses kleure van die landsvlag.

Feel it, it’s here.